top of page

Hierdie is die werkboek en u sal die fasiliteerdersgids benodig.

 

Die idee van hierdie kurrikulum is om leerders  instrumente te gee om hulleself beter te leer ken en verstaan.

 

Die kurrikulum sal help om ’n lewensplan saam te stel.  Met ’n goed beplande lewensplan sal leerders nie doelloos die hoërskool ingaan nie, maar doelgerig hulle lewe kan aanpak. 

 

Elke fasiliteerder, onderwyser en ouer speel ’n belangrike rol in hoe leerders oor hulle toekoms dink.  Ons leef in besondere moeilike tye en hierdie nuwe generasie het ’n fatalistiese uitkyk op die lewe.  Daarom is dit so belangrik om leerders te inspireer met positiewe idees en denke oor hulleself asook die toekoms. 

 

Die algemene onderrigstelsel is liniêr en dit is nie noodwendig die beste stelsel vir elke kind daarvolgens onderrig te word nie.  As fasiliteerders, onderwysers en ouers moet u dit besef en vroeg reeds op te let watter kinders nie akademies sterk is nie, maar uitblink op ander gebiede. 

 

Ons leef in ’n diverse gemeenskap.  Daar is baie verskillende aspekte wat ’n gemeenskap suksesvol laat funksioneer.  Ons kan nie net dokters, tandartse of prokureurs in ’n gemeenskap hê nie.  Die gemeenskap sal nie kan funksioneer op hierdie basis nie.  ’n Gemeenskap het verskillende mense, met diverse talente, aanlegte en belangstellings nodig.  Dit is juis waarom elkeen anders gesnaar is.  Ons het kunstenaars net so nodig as dokters.  Ons het mense wat kan sing en dans net so nodig as loodgieters.

 

Dit is van belang dat elke leerder verstaan wat elkeen se unieke doel is.  Nie almal is akademiese professors nie en daarom kan ons ook nie verwag dat almal ewe goed akademies deur die skool kan vorder nie.  Ons moet leerders op ander maniere ook kan stimuleer en hulle talente bevorder.  Op so ’n manier kan ons meer hoop aan die kinders bied asook bou aan ’n gesonde gemeenskap. 

 

Tema 1: My lewe bestaan uit die toekomstige ek.   Ons spring weg met die idee dat elkeen op ’n reistog is.  ’n Toeris berei sorgvuldig voor vir ’n reis, netso moet ons ook voorberei vir ons lewensreis.  Ons moet leer waarom dit belangrik is om aandag te skenk aan die beplanning van ons toekoms.  

 

Tema 2: Ek leer myself beter ken.  Wie is ek?  Dit is belangrik dat elke leerder hierdie vraag vir hom- of haarself afvra.  Die lesse sal die leerders help om bietjie dieper te kyk na die eie persoon te kyk. Dit wat jou motiveer of bangmaak, waaroor jy droom en hoe kragtig die woorde is wat jy oor jouself en ander uitspreek. 

Daar word gekyk na menslike behoeftes, asook die dinge wat jou persoonlik terughou om jou doel te bereik.  Die lesse help ook om hierdie struikelblokke aan te spreek. 

 

Tema 3 Wat en wie ondersteun my? Motivering, aanmoediging, rigtingwysers, vriende, mentors, ouers, God en die gemeenskap as geheel speel ’n enorme rol in elkeen se lewe. Ons kyk in hierdie tema na elkeen se rol in die ontwikkeling van die individu.

 

Tema 4: Wat motiveer my?  Noudat jy jou eie visie ontdek en neergeskryf het, wat is jou verantwoordelikhede daar rondom?  Hoe hou jy aan om jouself te motiveer om by jou eindbestemming uit te kom.  Die laaste paar lesse in hierdie kurrikulum sal jou help om jou motivering te behou.

 

 

Mag elke leerder wat hierdie kurrikulum deurwerk ontdek dat God ’n gemeenskap geskep het, wat so divers is soos ’n lappieskombers! 

 

Elke blokkie in die kombers lyk anders en die funksie daarvan is anders, maar saam maak dit ’n pragtige kunswerk. 

 

Ons hartsbegeerte is dat elke leerder lief sal word vir God se Woord en leer om die optimale self as deel van ’n gemeenskap te leef.

My GPS na myself en my bestemming Graad 7 Werkboek

SKU: IMP Graad 7 W
R78,00Price
  • Druk, Sagteband, een kleur, 64 blaaie

Related Products

bottom of page