top of page

Zabana is ‘n klein dorpie in Savanah.

 

Savanah is die mooiste plek in die heelal, met groot grasvelde en bosse. As jy al ooit wakker geword het en die dag is mistig en jy kan net hier en daar ‘n boompie uitmaak. Dit is hoe dit voel in Savanah: rustig en kalm en baie, baie mooi.

 

Zabana is die plek waar Baroegies woon. Hulle is klein mensies wat in Vanahutte bly wat van gras geweef is. Hierdie grashuisies word tussen die grashalmpies geweef en het lang leertjies wat tot op die grond hang. Wanneer die wind waai oor die gras halmpies wieg hulle huisies so saam met die wind en vir die Baroegies is dit ‘n baie spesiale tyd, want dan raak hulle sommer gou en baie rustig aan die slaap.

Die Baroegies van Zabana (E-Book)

SKU: E-Bar
R42,00Price
  • PDF, volkleur, 36 blaaie
     

Related Products

bottom of page