top of page

Hierdie is die fasiliteerdersgids en u benodig die werkboek.

 

In hierdie jaar bereik die kind sy "volwassenheid", en nou moet hulle die Woord leer ken en begin uitlewe. Elke aspek van die lewe word in God se Woord verwoord, en met behulp van die kurrikulum sal die kind begelei word om dit te ontdek. Ons het reeds in Graad 4 begin om die Woord van God te verken en hier bou ons verder op hierdie tema voort. 

 

Die oorkoepelende doel van die kurrikulum is om kinders te leer dat God se Woord werklik lewendig is, wonderlikbaarlik lewendig. Elke les wys hoe ons lewe in die Woord kan vind. 

 

In kwartaal 1 fokus ons op die verhouding wat God met ons as mens najaag en koester. Ons leer God as 'n Verhoudingswese ken. Ons sien wat Sy Persoonlikheid is en hoe Hy graag in ’n verhouding met die mens wil tree. In hierdie kwartaal gaan ons sekere aspekte van God se persoonlikheid leer ken. Dit gaan ons insig gee in waar lewe vir die mens begin. Die reistog neem ons deur die Ou Testamentiese verhale, waarin ons God deur middel van die gebeure beter leer ken, tot waar ons besef, in die besonder op grond van die lewe van Dawid, hoe belangrik God ’n verhouding met Hom ag. Die laaste les sluit ons af met Salomo se lewe wat vir ons wys dat wanneer ons in ’n verhouding met God staan, ons die regte keuse vir ons lewe kan uitoefen en sodoende ’n geseënde lewe kan lei. 

 

In kwartaal 2 ontdek ons ons eie identiteit in die raamwerk van 'n goddelike Wese. Ons leer dat ons vertroue en ons geloof in God deel van ons identiteit as mens is. God is Elohim, die bron van alle lewe, die begin en die einde van alles! 

En die mens is die kroon van Sy skepping. 

 

In kwartaal 3 fokus ons op die lewe in ons bekering, verlossing, weergeboorte en eie roeping. 

 

In kwartaal 4 fokus ons op hoe die lewe wat ons in die Woord ontdek het, ons lewe gee en hoe daardie lewe op sy beurt lewe aan die gemeenskap om ons bied. 

 

Mag elke kind wat hierdie kurrikulum deurwerk, ontdek dat God se Woord

Die wonder van die lewe in God se Woord Graad 6 Fasiliteerdersdgids

SKU: IMP Graad 6 F
R115,00Price
  • Druk, Sagteband, een kleur, 79 blaaie

    grootte 210mm x 297mm

Related Products

bottom of page