top of page

Hierdie is 'n fasiliteerdersgids.

 

In vandag se wêreld is die sosiale media van ons tyd die stem wat kinders rig en lei. Ons glo kinders het egter ’n beter kompas nodig wat hulle kan help om koers te hou deur al die storms op hulle seë. Hierdie kompas is die Bybel.

 

Die oorkoepelende doel met hierdie kurrikulum is om kinders te leer dat God se Woord werklik KRAGTIG is, ’n wapen om op te reken en te leer gebruik.

 

In Kwartaal 1 fokus ons op die krag wat in woorde lê. Woorde kan dood saai of woorde kan lewe bring. Woorde is so kragtig dat God woorde gebruik het om die heelal te skep!

 

In Kwartaal 2 fokus ons daarop dat God se kragtige woorde in die Bybel neergeskryf is om die mens te inspireer en te lei.

 

In Kwartaal 3 fokus ons op watter kragtige woorde ons in die Bybel kan vind. Daar is ’n kragtige woord vir elke behoefte in ons lewe.

 

In Kwartaal 4 fokus ons op hoe om hierdie instrument/wapen prakties te gebruik, sodat die Woord kragtig in ons lewens kan werk.

 

Mag elke kind wat hierdie kurrikulum deurwerk ontdek dat God se Woord lewendig en kragtig is! Ons hartsbegeerte is dat die kinders lief sal word vir God se Woord.

Die wonder van die krag van God se Woord Graad 5

SKU: IMP Graad 5 F
R120,00Price
  • Druk, sagteband, een kleur, 84 blaaie

Related Products

bottom of page