top of page

Oud President FW de Klerk: “Die eer van die konsep van 'n ‘Nuwe Suid Afrika’ kom Louis Wilsenach toe. Dit weergalm selfs nou nog in 2011 !”

 

Wyle Louis Wilsenach, die kreatiewe vors wat ons ken as die skepper van NikNaks en “Dip’nOuma” en “ek wil 'n Simba Chippie wees” het sy lewe vasgevang in ink en verf - in wat hy gedig, geteken, geverf en geskryf het.

 

Hierdie boek  is 'n pragstuk - visueel asemrowend en intelektueel stimulerend; soms diep en romanties; en ’n boek wat feitlik oor ons landsake praat.

 

Wat regtig aangryp is die woorde in sy laaste paragraaf: “Kyk in jou spieël totdat jy Jesus daarin sien ... want iets van Hom is in elkeen van ons...”

 

 

'n Lewe in Ink en Verf

SKU: Lewe
R280,00Price
  • Ons klomp jonges in die advertensie wêreld was ’n mal klomp ouens. Ons het baie gek geskeer en drooggemaak. Eendag kry ek ’n telefoonoproep van ’n stem wat sê: “Dr. Koornhof wat praat.” Ek het gedog ek weet presies wie nou besig is om my been te trek, want Dr. K se stem was ’n lekker een om na te aap en ek antwoord nog ’n entjie lawwer terug! Nee, sê die stem, dis regtig Dr. Koornhof! Ek het in my jonglewe nog nooit met ’n Minister gepraat nie en hier skeer ek die gek met een.

Related Products

bottom of page